Klein sondes, kloosterkatjies en ’n homofobiese non

SWEET MERCIES

Klein sondes, kloosterkatjies en ’n homofobiese non

LINZA DE JAGER het haar verlekker in die skurke wat selfs in religieuse ordes skuil.

AS 'n mens verby Sweet Mercies se saaierige begin kan kom, word jy ryklik beloon. Hierdie verhaal van drie nonne en die mense in hulle lewens laat mens voel daar is nog hoop vir die mensdom.

In Sweet Mercies volg ons die wel en wee van susters Bridget, Cecilia en Margaret. Dit gaan veel beter met die nonne van St Philomena’s Convent sedert hulle hulle eerste verskyning gemaak het in Small Miracles. Die klooster se B&B doen goed en word aangeprys as “heaven-sent”.

Maar op ’n emosionele vlak gaan dinge rof. Suster Bridget, die charismatiese hoof van die klooster, word die teiken van twee mense se woede. Haar jonger suster, Mary, se woede ontlont ná die dood van haar man. Hulle was 50 jaar lank getroud en dit was emosioneel onvervullend vir Mary. Sy wou eintlik ’n kunstenaar word en nie die vrou van ’n suksesvolle bouer nie. Mary se woede is nie ongegrond nie. Sy was eintlik suster Bridget se plaasvervanger. Nadat sy haar roeping as non gekry het, het sy dinge bewerkstellig dat Mary en Declan by mekaar uitkom...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.