Stockholm-sindroom

STAP IN ANDER SE SKOENE

Stockholm-sindroom

LINZA DE JAGER het uit haar veilige, wit gemaksone geklim en gelees oor karakters wat anders lyk en dink as sy. Dit was 'n insiggewende ervaring wat sy hoog aanbeveel.

EVERYTHING IS NOT ENOUGH het my onkant gevang. Dis ’n boek wat misleidend lig lyk, maar in der waarheid baie oemf het.

Lola Akinmade Åkerström volg die lewe van drie swart vroulike immigrante in Stockholm. Daar is die rykmansvrou Brittany, die oud-prostituut Yasmiin en die bemarkings-hotshot Kemi. Die vroue het niks  gemeen nie, behalwe dat hulle deur ’n moeilike tyd gaan.

Die karakter van Yasmiin, ’n Somaliër, het die meeste met my gepraat. Op die punt waar ons met haar kennis maak, lyk haar lewe maar droewig. Sy’t pas gehoor dat ’n vriendin probeer selfmoord pleeg het. Dit jaag spoke uit Yasmiin se verlede op, want hulle het mekaar ontmoet kort nadat Yasmiin uit prostitusie ontsnap het. Sy kan nog steeds nie heeltemal daarvan wegkom in haar kop nie; die  herinneringe aan mans wat haar vir minder as die prys van ’n shrimp sandwich gekoop het, spook by haar. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.