Pelgrims op ’n donker planeet

MISKRUIERS EN OORLOG

Pelgrims op ’n donker planeet

GERDA TALJAARD het Jeanette Ferreira se jongste roman gelees en weet nou dat Afrika soos 'n parasiet in haar bloed sit.

TYDENS ’n onderhoud met die Russiese skrywer Masha Gessen word hulle (Gessen identifiseer as transgender) gevra waarom hulle terug verlang na hulle geboorteland, wat in daardie stadium pas oorlog teen Oekraïne verklaar het. Gessen antwoord dat daar geen logiese rede vir hulle hunkering na hulle vaderland is nie, maar dat daar “iets” aan Rusland is wat hulle telkens daarheen wil laat terugkeer – dalk die reuk, die ligval, of die klanke daarvan.

Dieselfde kan aan Suid-Afrikaners gevra word. Waarom terugkeer na ’n land waar korrupsie en armoede en misdaad hoogty vier? Waarom nie liewer die hasepad kies na Australië of Kanada of Nieu-Seeland, voor dit heeltemal te laat is nie?

Die hoofkarakter in Jeanette Ferreira se jongste roman, Die melkweg en die miskruier, se antwoord hierop is dat Afrika “soos ’n parasiet in jou bloed bly as jy hierdie kontinent saam met moedersmelk ingekry het”. En dat die grond “jou terugroep elke keer wanneer jy dink om by Binnelandse Sake jou dokumente te gaan agtermekaar kry vir agter jou kinders aan emigreer”...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.