Vroue wat nie skroom om te moor nie

LA BELLE DAME SANS MERCI

Vroue wat nie skroom om te moor nie

DEBORAH STEINMAIR leef haar donkerste wraakfantasieë tweedehands uit en haar avatars is vreeslose vroulike vigilantes.

EK het twee boeke gelees waarin vroue die hoofrol speel, en nie jou Jong Dames Dinamiek-tipe vrou nie: geharde moordenaars wat nie skroom om te straf nie. Kaalvuis-vigilantes. Lady Macbeths. Les belles dames sans merci. En ek staan op die kantlyn en juig. Wat sê dit van my?

Soms word ’n karakter geskep wat die internasionale verbeelding aangryp, wat ons laat wonder en omgee. Ons emosioneel laat belê. Dis moeiliker as wat jy dink om lewe in so ’n karakter te blaas. Stieg Larsson het karakters geskryf wat in ons kop lêplek kry, veral Lisbeth Salander. Ons wil weet, soos my ouma sou sê: Wat het van die stomme kind geword? Want dis maar altyd die afvlerkduiwe, die verinneweerdes en gebreektes wat tot ons spreek. Veral as hulle weier om as slagoffers gesien te word en hulle skouspelagtig wreek op diegene wat hulle verniel het.

Lisbeth is êrens op die spektrum, soos baie van ons. Sy het geen sosiale vaardighede nie. Sy lyk soos ’n Goth-tiener met pikswart gekleurde hare en dan natuurlik die draaktatoe. Sy leef op bevrore pizza wat sy in die mikrogolf opwarm, koffie en Coke. Sy ken Oosterse gevegskuns en laat mans wat glad nie in haar gewigsklas is nie, les opsê. Sy het haar eie morele kode en dit sluit nie moord uit nie. Sy verkies vroue maar slaap soms by mans soos die gefolterde, maar hot Mikael Blomkvist. Natuurlik kan sy nooit commit nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.