Die puin van Eden: die planeet is nie ons rommelhoop nie

KLIMAATSKRISIS

Die puin van Eden: die planeet is nie ons rommelhoop nie

CELESTE THERON het met ontsag besef elke lewende organisme is aan mekaar verbind en die mens is maar 'n klein deeltjie van die groot tapisserie.

ONS lewe in die epog van die mens, die mees selfvernietigende spesie op Aarde. Ons glo die planeet draai om ons eie as. Maar wanneer 'n mens verby jou klein en kommerwekkende bestaan begin kyk, mag dit jou dalk verras dat daar wonderlike onbekende organismes saam met jou, op jou, en onder jou naels woon.

Die mens is vervreemd van die natuurlike wêreld. Die werklikheid is dat ons so verwyderd geword het van die natuur, dat ons hoegenaamd nie die uitwerking van ons ondeurdagte optrede teenoor medespesies verstaan nie.

Maar die mens is deel van 'n ragfyn borduurwerk. Ons bestaan is vasgeknoop aan 'n ryk verskeidenheid van organismes en verstrengel met lewensdrade wat nog nie eens ontdek is nie. Ons lewe hang aan 'n draad wat dig verweef is met hierdie obskure organismes – sou een vrek, mag ons dalk ook...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.