Veelvuldige raaisels verweef

DUBBELDOOR

Veelvuldige raaisels verweef

NATHAN TRANTRAAL verkies karakters bo storielyne, maar het Gareth Rubin se roman hoogs leesbaar gevind.

THE TURNGLASS deur Gareth Rubin is 'n moderne tête-bêche-roman wat twee stories inkorporeer: Een begin van die voorblad af en die ander van die agterkant af, elkeen omgekeerd relatief tot die ander. Ná voltooiing van een verhaal, draai die leser die boek om om aan die volgende kant te begin. Die skrywer bied dus in werklikheid twee boeke in een aan, elk met sy eie kenmerkende omslag en ontknoping, maar met 'n gemeenskaplike kruispunt.

In The Turnglass word hierdie struktuur gebruik om verskeie raaisels saam te vleg. Of jy nou begin lees vanaf die blou-en-goue omslag, wat in Engeland gedurende die 1880's afspeel, of die rooi-en-goue omslag, wat in die 1930's in Amerika afspeel, daar is geen “regte” beginpunt nie.

Ek het begin met die Engelse verhaal, waar ons dr. Simeon Lee ontmoet. Om sy cholera-navorsing te finansier, aanvaar hy 'n posisie op Mersea, 'n verlate eiland langs 'n lieflike vissersdorpie, waar hy sy siek neef, pastoor Oliver Hawes, versorg. Wat begin as 'n roetine-gesondheidsondersoek ontaard vinnig in 'n moeras van beskuldigings en die herlewing van geheime wat diep begrawe was. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.