Spanningsverhaal neuk in ’n sci-fi-rigting in

BLOCKBUSTER MET GATE

Spanningsverhaal neuk in ’n sci-fi-rigting in

LINZA DE JAGER was aanvanklik meegevoer deur Terry Hayes se nuwe roman, maar is teleurgesteld.

EK het die afgelope week mal geraak en toe weer reggekom. Die oorsaak was Terry Hayes se spanningsverhaal The Year of the Locust. Dit het my twee dae lank vermaak op dieselfde manier as die Hollywood-fliek wat ek saam met my ma en pa in Mosselbaai gesien het ná hulle aftrede. Ons het verlore gevoel, en die fliek het op ons emosionele knoppies gedruk en gehelp.

Ek vermoed dat niks intussen in my lewe verander het nie. Die knoppies is nog daar. Elk geval, die euforie van die eerste dae se lees het afgewater. Die boek het kasaterwater geraak. En met die lees het ’n vraagteken in my kop begin vorm.

Maar ek wil eers verduidelik hoekom ek vir honderde bladsye lank verlief was op The Year of the Locust. Kyk, dis nie ’n diep boek nie. Maar tot op ’n punt is dit die beste leesvermaak wat ek in ’n lang tyd gehad het. Dis die verhaal van die CIA-spioen Kane (gebore Ridley Walker) en die terroris Abu Muslim al-Tundra (ook bekend as Roman Kazinsky). Albei is alfamanne. Die groot verskil is die een staan vir goed en die ander simboliseer boosheid. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.