Anoeschka: Daar is net iets aan Snoek, wie se alter ego Tintin is

'N SKRYWER EN HAAR BOEKE

Anoeschka: Daar is net iets aan Snoek, wie se alter ego Tintin is

NADINE PETRICK het met die enigmatiese Anoeschka von Meck oor haar nuwe boek gesels.

SKRYWERS lewe moeiliker, sê sy. Nie dat ander mense nie sukkel nie, maar skrywers ervaar alles in die oordrewe trap. Skryf is haar anker in die chaos. Dit tregter als wat deurmekaar is en maak dit netjies. Skryf is haar sanity en sy doen dit al vandat sy klein is. Dit vat dit wat lelik is en maak dit mooi.

Anoeschka von Meck, of Snoek, soos lesers haar destyds leer ken het met haar eerste boek, Annerkant die longdrop, is all over the show. Letterlik en figuurlik. Altyd maar aan die beweeg, in haar kop en op die pad. Dalk, eendag, selfs buite realiteit. Gebore in Namibië, lank in Amerika, Weskus, Noord-Kaap, noem dit. Sy bly tans in Calvinia in die dorp, maar wanneer laas sy daar was, kan sy nie onthou nie. Die kokkerotte sit en wag as sy opdaag, “Waar was jy, ons is honger!” roep hulle. Sy pas vriende se huise en plase op en kyk na hulle troeteldiere. So reis sy van plaas na plaas, hond na hond. En met die bekendstelling van haar nuwe boek, Twa die tydloper, ook van een boekpraatjie na die ander.

Destyds in Amerika het sy swak maniere en selfsugtigheid geleer, erken sy. En dis nou eintlik die een ding wat sy in ander mense verpes. So is sy in Calvinia in die bek geruk deur ’n vriendin oor ’n blerrie sakkie ys. Sy drink dan nie, hoekom moet sy ys bring vir die braai? “Jong, ek het geleer dat jy ys móét vat, dis hoe dit werk, selfs al ry jy na ’n ander dorp toe vir daai ys.” So hou mens aan lesse leer, jou lewe lank. Sy moes al te veel goed leer en het te veel kanse gemis. “Die een ding wat ek nou baie hard leer, is dat as jy nie jou shit uitsorteer nie, dan wórd jy daai shit. Jou lyf praat met jou. Jy moet met jou trauma deal, anders kom dit terug op ander maniere.” Die lyf hou telling. “Ek vind ook nou eers uit van selfliefde, maar dit gebeur makliker in die natuur. As jy al die oordeel in die dorp of in jou kar los, dan word jy deur niks of niemand gemeet nie. As jy in ’n plaasdam swem voel jy nie vet nie, jy voel lig.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.