Die spioen dra Prada

BEIRUT STATION

Die spioen dra Prada

LINZA DE JAGER het saam met geheime agent Analise Assad in Beiroet gekuier terwyl koeëls fluit en bloed vloei.

BEIRUT STATION het al my regte knoppies gedruk. Dis ’n spioenasieroman met die toegevoegde bonus van ’n paar spesiale bestanddele. Die beste hiervan is die hoofkarakter, ’n glamorous vroulike CIA-spioen van Midde-Oosterse herkoms.

Analise Assad kan drie tale praat en skiet soos ’n skerpskutter. Sy kan in ’n oogwink van voorkoms verander. Een oomblik lyk sy soos ’n modieuse shopper met haar groot Prada-sonbril en Ferragamo-sak, die volgende sit sy haar hijab op en verdwyn as’t ware tussen die gelowiges in ’n moskee.

Van haar word opgemerk: “Most intelligence officers needed to be trained to compartmentalise their lives, but Analise’s instincts had sprung from her chrysalis fully formed.” Sy het haar vindingrykheid nodig hier in Beiroet, want sy is ’n NOC (non-official cover); dit beteken sy word nie amptelik deur die CIA as agent erken nie. As sy iets oorkom, is sy op haar eie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.