Toe AIDS hoogty gevier het, spioenasie en liefde

KERNEELS LEES WYD

Toe AIDS hoogty gevier het, spioenasie en liefde

KERNEELS BREYTENBACH het twee biografieë gelees van mense wat voluit geleef het, 'n storie oor 'n spioen en 'n goedvoel-liefdesverhaal.

DIS eers wanneer mens begin skerp aandag skenk aan ’n kunstenaar wat maar altyd vir jou deel van die lewe se visuele muurpapier was, dat jy dinge begin sien, wat jy die kunstenaar snap. Koos Prinsloo het Keith Haring in my lewe ingedra saam met die manuskrip van Slagplaas. Koos en Haring is albei ter siele, maar Slagplaas en Haring se kuns dra ek met my saam.

Seks-ekstravaganza

Vir Prinsloo, wat ’n klomp foto’s in Slagplaas wou insluit van Haring se werk in openbare ruimtes, was dit die “Radiant Baby” se lewensverhaal wat ewe sterk gespreek het as sy kuns – Haring is in 1990 aan AIDS-verwante oorsake dood ná ’n baie woelige belewenis van die seksuele extravaganza wat New York in die laat 1970's en vroeë 1980's was. Haring se inisiasie was straight, maar sy reisgenoot, Suzy Maskarinec, het later vertel dat Haring in haar arms besef het sy heil lê in die gay lewe...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.