Bond kry ’n baba en die babushkas dans

SPIOENASIE-NASIE

Bond kry ’n baba en die babushkas dans

Ons spioenasiekenner en geheime agent LINZA DE JAGER het 'n 007-agtige spanningsverhaal verslind.

HIERDIE boek is met ’n teikenmark in die oog geskryf. Ek val in daardie mark, want ek was mal oor James Bond en as hy nou ’n baba gebaar het, gee ek nie om nie. Om die waarheid te sê woon ek die doopseremonie by en bring ’n geskenkie.

Wanneer ons Argylle se held, Aubrey Argylle, ontmoet, is hy ’n uitgebrande beach bum in Thailand wat nie in staat is om die moord op sy dwelmsmokkelaar-ouers te oorkom nie.

Sy lewe word gered wanneer die alomsiende CIA hom as agent werf. Waarom die organisasie iemand soos Argylle sou aanstel, sal mettertyd duidelik word. Maar aanvanklik sukkel Argylle om by sy span in te pas. Sy ontvangs deur sy mede-agente is nou nie juis hartlik nie. Die enigste ligpunt is sy vroulike baas, Frances Coffey, wat sy besonderse talente raaksien. Hy is buitengewoon intelligent, hy dink buite die boks en hy ken verskeie vorms van Oosterse gevegskuns. Kry jy die prentjie?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.