DIE stads- en streeksbeplanner Tanya Zack vertel in samewerking met die fotograaf Mark Lewis tien aangrypende verhale oor die alledaagsheid van die aktiwiteite waarop Johannesburg se informele ekonomie steun.
Hierdie stories fokus op die individu, wat gereeld as 'n randfiguur in die breër samelewing funksioneer, en wys die buitengewone oorlewingsmeganismes wat elk van die karakters moes ontwikkel om ’n bestaan te kan voer in hierdie ingewikkelde postkoloniale metropolis van kontradiksies. Die boek verken die teenstrydighede van die stad op 'n genuanseerde wyse met fantastiese foto’s – deur klem te plaas op die roetines, ritmes en rituele van die mense wat die stad vanuit botsende wêreldbeskouings bedryf. Verrassende aspekte van Johannesburg het vir my vorendag gekom, wat my eie begrip van die jolige-olike en soms orige stad verbreed het.
Elke hoofstuk handel oor ’n karakter, plek en bedrywigheid wat oorvleuel met die vele veranderende gesigte van Johannesburg. Die stories is oor vyf jaar versamel en gekies om elk ’n ander kant van die stad te weerspieël...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
JOHANNESBURG
Dit gaan jolig en olik in Jolburg
CELESTE THERON vertel van 'n kleurvolle koffietafelboek oor die teenstrydighede, uitdagings en vryhede van 'n verrinneweerde, kosmopolitaanse stad.
Deel
DIE stads- en streeksbeplanner Tanya Zack vertel in samewerking met die fotograaf Mark Lewis tien aangrypende verhale oor die alledaagsheid van die aktiwiteite waarop Johannesburg se informele ekonomie steun.
Hierdie stories fokus op die individu, wat gereeld as 'n randfiguur in die breër samelewing funksioneer, en wys die buitengewone oorlewingsmeganismes wat elk van die karakters moes ontwikkel om ’n bestaan te kan voer in hierdie ingewikkelde postkoloniale metropolis van kontradiksies. Die boek verken die teenstrydighede van die stad op 'n genuanseerde wyse met fantastiese foto’s – deur klem te plaas op die roetines, ritmes en rituele van die mense wat die stad vanuit botsende wêreldbeskouings bedryf. Verrassende aspekte van Johannesburg het vir my vorendag gekom, wat my eie begrip van die jolige-olike en soms orige stad verbreed het.
Elke hoofstuk handel oor ’n karakter, plek en bedrywigheid wat oorvleuel met die vele veranderende gesigte van Johannesburg. Die stories is oor vyf jaar versamel en gekies om elk ’n ander kant van die stad te weerspieël...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
‘Twa’ dra swaar aan metafore
Die puin van Eden
Kitsgids vir ’n kreatiewe liefdespel
’n Vaal held laat Chinese les opsê
Wanneer geskiedenis en geheime bots
Deel
-
Deel
Celeste Theron
SkrywerCeleste Theron is ’n skrywer en kunstenaar van Pretoria.