Dié tydloper dra te swaar aan metafore

NAMAKWALAND

Dié tydloper dra te swaar aan metafore

CELESTE THERON het soms swaar gesluk aan tydspronge en afdraaipaaie, maar die pad gestap saam met die heldin in Anoeschka von Meck se nuwe roman.

ANOESCHKA von Meck maak gebruik van ’n herverbeelding van Namakwaland se ryk geskiedenis om haar jongste jeugroman, Twa die tydloper, te steun – sinsnedes van die verlede word met bonatuurlike elemente verbind om 'n magiese verhaal oor die begin van vrouwees saam te weef.

Nes in Vaselinetjie (2004), is die protagonis ’n jong meisie wat deur groot ontberings moet worstel om ’n lewe vir haarself te fatsoeneer. Die verhaal draai om Twa, oftewel Isabeau, wat saam met haar eienaardige familie woon op Tabernakel, ’n plaas sonder enige kennisgewingborde by Hookamsvallei.

Die roman fokus tematies sterk op ingewikkelde familiebande, versoening met die verlede en ’n dapper plaaskind se stryd om volkome onafhanklik van haar familie te funksioneer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.