Skrywers benodig ’n yssplinter in die hart en ’n greintjie dwaasheid

'n LEWE, 'n STEM, 'n GESIG, 'n BLIK

Skrywers benodig ’n yssplinter in die hart en ’n greintjie dwaasheid

LOUIS GAIGHER is meegevoer deur Sigrid Nunez se stem en mentaliteit.

SIGRID Nunez lei The Vulnerables, die nuwe en laaste aflewering van ’n losse trilogie, in met ’n Virginia Woolf-aanhaling: “It was an uncertain Spring.” Die eerstepersoonsverteller breek die ou skryfreël waarvolgens die weer ’n saai openingsonderwerp is. Anders as toe Oscar Wilde weerpraatjies as verbeeldingloos afgemaak het, is dit nou ’n gedeelde obsessie en ’n “far more erratic, often apocalyptic event”.

The Vulnerables speel af in die eerste pandemieseisoen van 2020. Pandemietyd het ons laat talm in herinnerings- en droomwêrelde en terugskouend voel dit meer soos ’n droom as ’n herinnering. Maar dit het ons die kans gegee om te kyk na dit wat vroeër die blik ontgaan het. The Vulnerables roep hierdie ervaring van tyd op. Dit dien as ’n houer van indrukke, idees en bespiegelings met ’n los struktuur en beheersde taalgebruik en verloop teen ’n ritme eerder as volgens ’n verhaallyn.

Vertelde tyd strek assosiatief en diskursief terug na onder meer die verteller se kinderjare en jeug. Nou, in die troebel lente waartydens sy haar in ’n kwesbare ouderdomsgroep bevind, neem ’n herfstelike vraag haar aandag in beslag: “I want to know why I feel as though I have been mourning all of my life.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.