Struikrowers, egbrekers en soldate: Vroue in die tapisserie...

HAAR STORIE

Struikrowers, egbrekers en soldate: Vroue in die tapisserie van die geskiedenis

GERDA TALJAARD is besiel deur 'n boek oor vroue wat nie hulle tweedeklas-rol in die samelewing aanvaar het nie.

OP universiteit het ons in die kunsgeskiedenisklas geleer dat die Bayeux-tapisserie, wat per definisie eintlik ’n borduurstuk is, gemaak is om die Normandiërs se oorwinning oor Engeland te gedenk tydens die Slag van Hastings in 1066. Die fokus van die kunsgeskiedenisles was op die mans wat uitgebeeld word, veral op die Normandiese soldate wat die Engelse Kanaal oorgesteek en koning Harold II se manskappe met swaard en lans verslaan het.

Ons het nie geleer dat die borduurders waarskynlik Anglo-Saksiese vroue was wat met dié kunswerk die Normandiese oorheersing oor Engeland gekritiseer en probeer ondermyn het nie. Meer nog: dat hulle die Normandiese soldate se seksuele vergrype uitgebeeld en sodoende ’n stem aan vroue gegee het wat andersins nie gehoor sou word nie.

Dit sou ’n vrou verg om hierdie stuk geskiedenis te herskryf en om dié belangrike besonderheid, wat vir eeue gerieflik geïgnoreer is, onder die wêreld se aandag te bring. Die vrou wat ons met nuwe oë na die Bayeux-tapisserie laat kyk, is die gevierde historikus Philippa Gregory, die skrywer van onder meer The Other Boleyn Girl (2001) en The White Queen (2009)...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.