Dun boekies om in die hardloop kaf te draf

RUGSAK-LEESLYS

Dun boekies om in die hardloop kaf te draf

Ons boekeredakteur oorweeg liggewig-leesstof wat gewig dra as pitkos vir 'n reis.

WAT lees ’n mens op reis? As jy nie gebyt het aan die Kindle-gogga nie, dra jy ’n dun, kleinformaat-boek saam. Ek weet van vriende, besielde lesers, wat op reis dik boeke deurwerk en telkens die bladsye wat reeds gelees is, uitskeur sodat hulle pakkaas ligter word. Ek glo nie ek sal dit kan doen nie.

Op reis lees 'n mens minder as wat jy gedink het jy sou. Om jou is die hele wêreld nuut en vreemd. Jy hoor tale waarvan jy net hier en daar ’n woord verstaan. Op busse en treine, wanneer jy nie lees of speletjies op jou selfoon vinger nie, het jy tyd om te dink. ’n Onverwagse luukse. Jy kry in jou kop gewaarwordinge geformuleer. Jy kan een gedagte sy loop laat neem, trein en trok, deur die tonnel tot in die stasie. Vensters gaan oop.

Dus lees jy nie ’n spanningsverhaal so dik soos ’n drumpel waar jy in jou kop balle in die lug moet hou en gedurig lyne en leidrade moet verbind nie. Jy lees iets besielend en tydloos, sonder storielyn, wat uit oomblikke aanmekaargeflans is. Wat jou nuut na die wêreld laat kyk en wat jy in klein dosisse kan geniet. Wat jy kan oop- en toeslaan soos ’n kampstoel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.