Vier mure teen die suidewind

VREES EN BEWING

Vier mure teen die suidewind

Ons boekeredakteur ontvlug van hitte, oorloë en ellende deur in ander mense se onmoontlike, onleefbare, onrusbarende krisisse vasgevang te word, op papier.

DIE afgelope week het ek vier boeke gelees waarvan die voorblaaie oorwegend blou en heldergeel is – huishoudelik noir. Daar verskyn al hoe meer van hierdie genre op die mark, omdat donker voorstedelike rillers soos soetkoek verkoop – hierdie soort storie wat skrywers soos Agatha Christie begin vertel het.

Die kwik styg onrusbarend en die wêreld is op sy kop. Dit word onmoontlik om na die nuus te kyk: wegholveldbrande, bendes en moetie-moorde plaaslik en honger, gebombardeerde burgerlikes in Gaza en Oekraïne op die internasionale verhoog. Kinders. Met groen of bruin oë. Verflenterd, versaak, vermink. Ons wil ontvlug en op ’n manier is die donker vertroostend; om in ’n ander se ellende, doodloopstraat en hartverskeurende leed te deel. En dan die boek toe te slaan.

Hierdie rillers word al beter; die karakterisering vlymskerp, die storielyn elegant en vaartbelyn. Jy bly aan die raai...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.