Woorde wat jou asem wegslaan

ANNE MICHAELS EN WENDY COPE

Woorde wat jou asem wegslaan

DEBORAH STEINMAIR is nie altyd in die bui vir misdaadfiksie en huishoudelike noir nie. Soms wil 'n mens deur literêre uitnemendheid oorrompel word.

SEKERE boeke ry jou soos ’n herhalende droom. Jy is vir weke lank verlore vir gewone prosa, vir slim storielyne en pittige dialoog. Jou binne-oor hunker na 'n spesifieke skrywer se woordgoëlery, die ritme en voetval van haar woorde, haar lumineuse beelde wat landskappe laat opdoem. Anne Michaels is so ’n skrywer.

Ek het haar jongste, Held, proe-proe gelees soos psalms. Michaels is fragmentaries: uit brokke prosa staan karakters en ’n geskiedenis regop. Die leser word deel van ’n verwysingsraamwerk, ’n ingesteldheid, ’n manier van kyk. Skielik staan jy op heilige grond en sien ’n bos wat brand. Jy weet jy loop op water en jy begin twyfel en sink. Jy wonder of jy ooit weer ’n woord moet skryf.

Ek gaan rojaal aanhaal...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.