Smulpape en aardskuddende kosgasmes

BUTTER

Smulpape en aardskuddende kosgasmes

DEBORAH STEINMAIR het 'n paar kilogram opgetel by die lees van 'n roman oor vet en feminisme.

WAARSKUWING: By die lees van hierdie roman mag jy ’n hele paar kilogram optel – Butter deur Asako Yuzuki, vertaal deur Polly Barton.

Ons bevind ons in Tokio en beleef die dikwels bisarre werklikheid deur die oë van ’n Japannese vrou met ’n Afrikaansklinkende naam, Rika. Ons ken haar presiese afmetings: sy is vyf voet vyf (langerig in haar milieu) en weeg 50 kg. Dus, besonder skraal. Sy het ’n androgiene voorkoms – in haar meisieskool was sy ’n amper-plaasvervanger vir seuns, en sy is deur die ander meisies beskou as ’n soort prins. Sy het besef dat sy hoekig moet bly en waak teen rondings. Sy is ’n ambisieuse joernalis, die enigste vrou op die redaksie, en sy het ’n soort-van kêrel. Hulle sien mekaar ongeveer een keer per maand en het min seks. Hulle slaap op afsonderlike futons. Sy is geëmansipeerd en feministies.

Dan raak Rika geobsedeer met ’n vroulike reeksmoordenaar, Manako Kaji, wat sy in die tronk besoek in die hoop op ’n storie. Kaji is Rika se teenpool: sy is mollig en onbeskaamd sensueel. Sy ontsê haar geen smaaksensasie nie. Sy is van daardie vroue wat jammer is vir mans, en glo dat sy op die aarde geplaas is om hulle te bedien en te bederf, veral met kos. In ruil wil sy bewonder word. Sy soek nie vriendinne nie, sê sy vir Rika. Sy soek aanbidders...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.