Afgewater, maar daar is darem ’n kat met die naam Bananas

WATER

Afgewater, maar daar is darem ’n kat met die naam Bananas

GERDA TALJAARD is louwarm oor John Boyne se jongste boek oor die aanspreeklikheid van moeders.

JOHN Boyne se Water vorm deel van ’n novellereeks, ’n vierluik waarvan elke boek ’n natuurelement as titel het. “The elements – water, earth, fire, air – are our greatest friends, our animators,” word daar in dié boek opgemerk. “They feed us, warm us, give us life, and yet conspire to kill us at every juncture.”

Water is by verre die wreedste van al die elemente, is die gevolgtrekking waarmee die boek afgesluit word – “[it] will swallow up everyone who challenges it”. Die verwagting is dus dat die elemente, en veral water, ’n deurslaggewende rol in die verhaalgebeure gaan speel, dat dit op metaforiese wyse betrek sal word by die milieuskepping, verhaallyn en karakterisering, en dat dit waarskynlik suiwering, vergifnis en wedergeboorte gaan verbeeld.

Hierdie verwagting word tot ’n mate vervul wanneer die gekwelde hoofkarakter, Vanessa Carvin, tydens ’n tipe “baptism” die ysige see binnestap, en sy wonder of die water ook so koud was op die dag toe haar oudste dogter haarself ’n jaar tevore daarin verdrink het:..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.