Oor die stralende, gewyde realiteit van die lewe + ’n dik...

SALIGE SONDAG

Oor die stralende, gewyde realiteit van die lewe + ’n dik aanbevelingsomnibus

ANNELIESE BURGESS deel insigte wat hierdie week op haar pad gekom het, en het ook 'n ekstradik aflewering dit-en-dat-aanbevelings om die amptelike begin van die feestyd te vier. Daar is ook 'n lekker bonus uit die pen van medekookboek-geek JOHAN NEL, met sy gunstelingboeke van 2024.

Goeiemôre

Ek groet julle vanoggend van die koel plaashuis op De Hoek. Ek was laas in Barkly-Oos met my ma se begrafnis en het gister op die ingewing van die oomblik van Indwe af gery toe 'n diep behoefte my oorkom het om by hulle te kom sit onder die boom waar hulle ter aarde gelê is. Die hope swart grond – my pa s'n was nog hoog toe ons my ma 'n jaar ná sy dood kom begrawe het – is intussen platgetrap deur tyd (en beeste). As ek nie geweet het hulle lê daar nie, sou ek my kon verbeel dat ek nooit binne 'n jaar langs twee oop grafte hier gestaan het nie.

Op pad hierheen luister ek na 'n gesprek tussen Tim Ferris en die digter David Whyte. Whyte se intellek beweeg soos 'n diepsee-stroom en hy gebruik woorde terselfdertyd op so 'n forensiese en poëtiese manier dat dit soms my asem wegslaan. Wat my roer van Whyte is sy 'n ontsag vir die heiligheid van die alledaagse. En hy verpak dit alles in die lieflike melodieuse ritme van sy Gaeliese intonasie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.