Curriculum vitae van ’n loskop-korrelkop

SATERDAG MET DEBORAH STEINMAIR

Curriculum vitae van ’n loskop-korrelkop

Ons boekeredakteur kom by nog 'n waterskeiding te staan en kyk terug op verskeie beroepsfokops deur die jare.

Liefste vriende

Dis my honneursjaar. Ek word laat een oggend wakker in ’n deurmekaar kamer omring deur die vorige nag se partytjierommel. ’n Vae melankolie neem van my besit en ek besef só kan ek nie aangaan nie. Klasloop is nie vir my verpligtend nie. Ek het nie ’n bankrekening nie, my ma stuur nou en dan vir my ’n pienk R50-noot in ’n gewone koevert. Dis baie geld, maar omdat vriende my meestal voer, voel ek ek moet iets teruggee. Nadat ek dus my toiletbenodigdhede gekoop het, gooi ek telkens ’n partytjie, met kos, 5th Avenue Cold Duck en ’n doos Tassies. Op is die geld.

Die vorige dag het ek teen die venster van Woolworths in Potchefstroom se hoofstraat ’n advertensie gesien vir ’n kassier. Kyk, as jy ’n wit kind met ’n BA-graad is, is die land in daardie jare jou oester. Ek bind ’n pers skoenveter oor my voorkop om my wilde Afro-perm in toom te hou, borsel my tande, loop Woolies toe en vra vir ’n onderhoud. Ja, hulle kan dit sommer op die plek doen. Dis ’n bietjie skielik...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan [email protected].