Goeiemôre
Ek moes, ná 'n paar maande van my selfopgelegde sabbatsreis, weer begin betalende werk doen om die huilende wolwe van die deur af te hou. En vir my beteken dit dikwels dat ek vir langerige tye weg van die huis moet wees – omdat die lewe my hier in die middel van nêrens en êrens uitgespoel het, en my wortels nou in die Oos-Kaap lê.
(Vinnig, voor ons verder gesels, hierdie is die tweede laaste Salige Sondag. Klik op hierdie skakel as jy steeds 'n brief van my in jou inboks wil hê op 'n Sondagoggend nadat Vrye Weekblad ophou bestaan het. Vir eers sal elke brief gratis wees, en dan kyk ons waarheen die reis ons neem. As daar haakplekke is, wat daar sal wees, stuur vir my 'n e-pos by [email protected].)
Die rondjaag vir onderhoude in die Kaapse helverkeer, en die ronddobber tussen huise en beddens en kombuise met 'n koffer klere (en 'n sak kruideniersware) het my dié week nogal laat voel asof my meertoue begin loskom (en het ek nie vir die eerste keer die fantasie vertroetel om 'n kept woman te wees wat net kan lees en dink en skryf nie. Ek was nog nooit exactly trophy wife-materiaal nie, maar as daar iewers 'n gawe patronus is that would like to keep me in the style that I could get accustomed to, laat weet).
Oukei, alle grappies op 'n stokkie.
Arina du Plessis, die redakteur van Landbou Boerekos, het my gevra om iets oor my herinneringe aan my ma en haar kombuis te skryf. My ma het in Duitsland grootgeword, in die brandmaer jare ná die Tweede Wêreldoorlog, as vlugteling in die klein dorpie Preetz. Haar verhouding met kos was kompleks. Sy kon nooit wegkom van die vrees vir hongerte waarmee sy grootgeword het nie, en was obsessief oor nooit ’n krieseltjie kos vermors nie. Ons ontbyte was gereeld die vorige aand se reste spinasie, pampoen en maalvleis. Of die laaste skraapsels hoenderkerrie. Of selfs rys, bymekaar gebraai met eier in 'n tipe frittata.
Ek het daardie ding by my ma geërf. Ek kan nie kos mors nie. Dus sleep ek 'n sak kos terug op my vlug gister, soos die vlugteling uit my lewe wat ek nou al geruime tyd is. 'n Bottel agurkies, 'n homp ongebruikte kaas, 'n paar soetpatats, eiervrug en skorsies. 'n Handvol lemmetjies en botter. Daarby 'n bakkie ingelegde suurlemoene van my skoonsuster en van Joey's in Stellenbosch 'n rol wors en mooi rump steak.
Toe ek die stewige DEKALB-mieliesaadsak, wat my broer vir my gegee het om al my los goed bymekaar te hou, by sekuriteit op die voerband sit, sê ek vir die vrou: “Sorry, I am one of those real Eastern Cape aunties with the random bags full of random stuff." Sy bars uit van die lag: “Ey, sister, we don't travel lightly, us people from that place."
Sy wil weet waar ek vandaan kom. Daardie vraag se antwoord is altyd “Indwe", nie Oos-Londen nie. As Oos-Kapenaars praat oor waar hulle vandáán kom, verwys ons na waar ons gebore is. Sy kom van Tsolo, vertel sy, nie ver daar van my af nie. Maar bly nou al baie lank “dié kant".
Dit was so 'n lovely klein oomblik van twee mense wat mekaar sien. Van behoort aan groter gemeenskaplikheid as net ons gewone, gemeenplasige geskarrel. Ek kry dit baie in die Kaap. Die ding van Oos-Kapenaars wat mekaar sien as van dáár, maar ook híér. Soos die sekuriteitswag by die Woolies in Somerset-Oos vroeër die week, toe die alarm afgaan en hy my sak moet deursoek. Sonder om te dink reageer ek in isiXhosa en daar is oombliklik daai ding – die naelstring van herkoms: Waar kom ek vandaan? Hy kom van Flagstaff.
Die man langs my op die vlug is op pad Queenstown toe. Vir die begrafnis van 'n skoolvriend. Hulle was saam in Kwakomani Secondary School in Mlungisi-township. Hy vertel hy woon nou al 20 jaar in Kaapstad, maar sê “mens voel mos maar altyd jou een been staan hier en die ander been daar". Ek weet presies wat hy bedoel. Ons is die souties van Suid-Afrika. Een voet in die rurals, en een voet in die groot stad.
Anyway, ek vermoed ek sal in die komende jaar meer permanent in die Kaap moet woon, maar vir eers bly my shack by die see die veilige hawe wanneer die wêreld te groot en verswelgend begin voel.
Die dood van ’n naaldekoker
In die essay “The Death of a Moth" skryf Virginia Woolf oor haar waarneming van 'n mot se stryd teen die dood, hoe die mot eers energiek rondvlieg en dan teen 'n vensterraam vasgevang word en verswak, en uiteindelik sterf.
It was as if someone had taken a tiny bead of pure life and decking it as lightly as possible with down and feathers, had set it dancing and zig-zagging to show us the true nature of life.
Ek het die laaste tyd al hoe meer bewus geraak van, en ontvanklik geraak vir, die klein momente binne die groter proses van transformasie en verandering waardeur die lewe ons almal druk. Die klein ligflitse aan die periferie van die Groot Lewe. Virginia Woolf praat van “klein daaglikse wonderwerke" of “oomblikke van bestaan" in die groter “wool of life".
Lidia Yuknavitch, skrywer van die absoluut betowerende memoir Reading the Waves, vertel in 'n onderhoud oor die “shape-shifting" wat gebeur as sy inskakel op die vibrasie van wat sy “mikro-intensiteit" noem.
Sy vertel oor 'n naaldekoker wat deur 'n venster vlieg en op haar skryftafel kom sit. Hoe sy die glimmende insek ure lank dophou. Hoe dit eers vibreer, en dan ophou beweeg.
That sent me down an internet vortex of learning about dragonflies.
Among the first things I learned was that dragonflies lay their eggs in water and spend most of their lives in their larval stage. As naiads. Ever the woman attracted to water, this detail captured my attention. The rest of the day and night. Their adult lives are shorter than their larval lives, and their shape-shifting into winged creatures marks their ending.
The dragonfly on my desk never moved again. But something in me moved, mightily, even though no one would have seen it. Not some huge transformational moment, but something tiny. Spending a day with a dragonfly at the end of its life. Thinking about the span of one’s life, the elements, the conditions of being, the beauty, the hurt, the transmogrifies.
Die abstraksies van oorlog
Sedert JD Vance vir Volodymyr Zelensky 'n preek afgesteek het oor sy “manpower problems" dink ek aan oorlog wat noodwendig mense in statistieke moet verander.
Soldate is “mannekrag" – hulpbronne wat toegeken, ontplooi en verbruik moet word. “Troepemag" gemeet in bataljonne en divisies eerder as mense met families en lewens en liefde en hartseer en vrees. Wanneer hulle afgemaai word, is hulle “ongevalle".
Numeriese abstraksie en taalkundige afstand dien 'n sielkundige doel.
Generaals kan nie effektief bevel voer as hulle elke ongeval as iemand se kind visualiseer nie. Politici kan nie bevel gee vir ontplooiings as hulle die volle menslike koste van hul besluite moet konfronteer nie.
Dit word makliker om na “aanvaarbare verliese" te verwys sodat jy nie die slagting van jou troepe aan individuele lewens hoef te koppel nie. As die mense aan die ander kant van jou visier verontmenslikte “teikens" is, kan jy hulle makliker doodmaak. En as jou gewondes “nie-operasionele personeel" is, is dit bloot die skaak van oorlog.
In The Moscow Times beskryf Russiese soldate op 'n trein na die front die nagmerrie wat op hulle wag.
The soldiers describe the front line as hell on earth. The losses on the Russian side are enormous: hundreds each day, some men say. Drones sow death from the sky, finishing off wounded soldiers on the battlefield where they lay.
Dima always keeps a grenade hanging from his belt. He would rather blow himself up than be captured and face torture.
“Many young guys I knew are dead, they weren’t even 30,” says Yegor, a family man from the republic of Tatarstan, in one of the passenger compartments.
He was called up to fight during the “partial” mobilization of 2022. “Only a few among us who were mobilized are left,” he says.
Last December, Yegor and his comrades were hiding inside a house on the Vuhledar front in the Donetsk region when a tank discovered them and opened fire, wounding him in the leg. He was compensated 3 million rubles ($33,500) for the injury, which he used to buy a new house.
Despite having shrapnel still lodged in his leg and being diagnosed with PTSD, Yegor was deemed fit for service and is heading back to the front.
“If I didn’t risk five years in prison for desertion, I would get off the train now and go home, even by foot,” he confesses. “This war is pointless.”
Back in the dining car, another soldier smiles bitterly as he explains that he is heading to the front.
“I probably won’t make it this time,” he says, pointing to the gunshot wound on his chest, which has not yet fully healed.
En in The Times, uit die Oekraïense perspektief:
The Ukrainian fighters stood calf-deep in the mud, peering over the lip of a 6ft trench they had hacked into the forest three miles from the Russian border. It was around 11 am, and the temperature had already hit five degrees, which, they all agreed, was far too warm.
Across Ukraine, from the north to the east and south, recruits are living out the winter in trenches like soldiers from a century ago.
In the last months, said a number of Ukrainian commanders working on the front line, Russia has begun sending waves of soldiers over the top after artillery barrages.
Sticking together, stumbling in the mud, they run across no man’s land towards the Ukrainian trenches armed with nothing but rifles and grenades.
“It’s just like the First World War,” said Meter, 54, a videographer turned drone operator fighting in Donbas. “It’s crazy how many of them there are. If we kill them, they just replace them.”
From his post near Bakhmut, Meter can see across no man’s land towards the Russian forces, sometimes only 150 metres away. His drone camera gives a bird’s eye view of the war.
“They [the Russians] are taking grenades and AKs and trying to get as close as they can just to throw grenades into Ukrainian trenches,” he said, speaking in a ramshackle cottage used as a fallback position by his brigade. “They send the less trained people in front, the ones who can barely carry the guns ... Then the more highly trained people come.”
Daarmee groet ek.
Salige Sondag
AB
Prayer
Whatever happens. Whatever
what is is is what
I want. Only that. But that.
– Galway Kinnell
Lees
In my lees-omswerwinge oor die Oekraïense oorlog het ek op hierdie interessante Substack afgekom:
Van die BBC:
Van USA Today – oor die 500 miljoen voëls wat op piekmigrasiedae in die donker oor Amerika vlieg:
- Coming soon to a sky near you: 500 million birds
Van New Lines Magazine. 'n Ou familiealbum stuur die skrywer, Stefania D’Ignoti, op 'n reis deur Italië se donker verlede in Libië:
- My Grandpa, the Fascist?
Aanhaling
In the midst of winter, I found there was, within me, an invincible summer. And that makes me happy. For it says that no matter how hard the world pushes against me, within me, there’s something stronger – something better, pushing right back. – Albert Camus
Kook
Meghan Markle se one-pan pasta is die socials vol op die oomblik, maar hier is die oorspronklike een van Martha Stewart.
Van ultra-umami-sesamnoedels tot superwarm ramen – hierdie 24 beproefde noedelresepte is bekostigbaar, maklik om te maak en heerlik. Van Eater: The Ultimate Guide to Instant Noodles
Ek is paranoïes oor laat wees vir onderhoude, veral as hulle weke geneem het om te reël. So is ek hierdie week twee uur vroeg vir 'n afspraak met dr. Leon Schreiber, minister van binnelandse sake, by die parlement. Ek bring die tyd deur met 'n koppie tee en 'n stapel kookboeke op die gemaklike bank by The Book Lounge op die hoek van Buitenkant- en Roelandstraat in Kaapstad. Hier is die twee wat my aandag getrek het.
Kyk
Lidia Yuknavitch se Ted Talk oor “being a misfit".
♦ VWB ♦
NEEM DEEL AAN DIE GESPREK: Gaan na heel onder op hierdie bladsy om op hierdie nuusbrief kommentaar te lewer. Ons hoor graag van jou, maar hou by ons kommentaarbeleid.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.