BESIGHEDE is Suid-Afrika se “enigste redding" en moet baie strenger wees oor korrupsie, ondoeltreffendheid en wanadministrasie sodat ons 'n ekonomiese ineenstorting kan voorkom, sê Neal Froneman, die uitvoerende hoof van die platinum- en goudprodusent Sibanye-Stillwater.
Froneman is een van die land se mees uitgesproke sakeleiers. Al hoe meer top-sakelui por pres. Cyril Ramaphosa aan om vinniger te beweeg en fermer op te tree as dit by belangrike ekonomiese kwessies kom.
Die sakegemeenskap is diep bekommerd oor die toestand van Eskom en beskou dié staatsbeheerde monopolie met sy verskriklike skuldlas, afgeskeepte kragsentrales en gevolglike kragonderbrekings as die grootste krisis waarmee die land tans sit. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Goudbedryf steier onder swaargewapende bendes