PROMOSIE: Wat voorgestelde NGV-wetgewing vir die toekoms van...

GEBORGDE ARTIKEL

PROMOSIE: Wat voorgestelde NGV-wetgewing vir die toekoms van mediese fondse in SA inhou

Die voorgestelde wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) vir Suid -Afrika bly die onderwerp van hewige debatvoering – eerstens weens die hoë koste daaraan verbonde en tweedens omdat dit die potensiaal het om erg verdelend te wees. Hierdie artikel bied aanvullende inligting oor die NGV en bespreek die potensiële impak daarvan op mediese fondse en hul lede, sowel as toekomstige toegang tot gesondheidsorg van hoë gehalte in Suid-Afrika.

Hierdie artikel bied aanvullende inligting oor die NGV en bespreek die potensiële impak daarvan op mediese fondse en hul lede, sowel as toekomstige toegang tot gesondheidsorg van hoë gehalte in Suid-Afrika.

Wat behels die wetgewing oor Nasionale Gesondheidsversekering?

’n Nasionale gesondheidsversekeringsprogram is voorgestel om te verseker dat die hele Suid-Afrikaanse bevolking van meer as 60 miljoen, ongeag hul sosio-ekonomiese vlak, toegang kry tot  gesondheidsorg van goeie gehalte.

Deur die NGV-fonds beoog die regering om die enigste koper van gesondheidsorgdienste uit die privaat sowel as openbare sektore te word.

Verder, as die ekonomiese klimaat ’n bykomende persoonlike belasting in Suid-Afrika moontlik maak, sal alle belastingbetalende landsburgers, ongeag of hulle tans aan ’n mediese fonds behoort, bydraes tot dié fonds moet maak.

Omstredenheid rondom die NGV-wetgewing

Die NGV bly gehul in agterdog en wantroue as gevolg van korrupsie, swak bestuur en onvoldoende kommunikasie.

Gegewe die uiters swak toestand van staatshospitale is baie rolspelers in die mediese gemeenskap skepties oor die haalbaarheid van die stelsel.

Volgens kenners is ’n gesondheidsorgsektor wat onderbefonds is en nie in staat is om behoorlik te funksioneer nie, die grootste hindernis in die pad van ’n suksesvolle NGV. Die regering het bloot nie die hulpbronne om die projek effektief uit te voer nie.

Die bekendstelling van die NGV is in so ’n mate deur onderprestasie vertraag dat die fonds nog nie eens gevestig is nie.

Nie net is daar ’n tekort aan die tegnologiese vermoëns wat nodig is om gesentraliseerde verkrygingsplatforms te skep en te bestuur nie, maar soortgelyke stagnasie is sigbaar in die skepping en ontwikkeling van kapitaalmodelle vir strategiese aankope tussen die sektore.

As gevolg van ’n primêre gesondheidsorgstelsel wat ’n krisis beleef, en ’n gebrek aan hulpbronne, kundigheid en deelname deur belanghebbendes, het die NGV in hierdie stadium in effek tot stilstand gekom.

Die moontlike invloed van die NGV op jou en jou mediese fonds

Die Suid-Afrikaanse regering se departement van gesondheid het reeds bevestig dat privaat mediese fondse in die land sal voortbestaan, selfs nadat die NGV geïmplementeer is.

Die rol van dié skemas sal egter verander.

Wat gesondheidsorg betref, sal mediese fondse slegs dienste dek wat nie onder die vaandel van die NGV-fonds val nie, eerder as om die huidige voordelestruktuur te bied wat alle onkostes kan dek.

Wat presies hierdie dienste behels, is nog nie duidelik nie.

Volgens die wetsontwerp moet enige Suid-Afrikaner wat uit die fonds vergoed wil word, eers die “verwysingsroetes” moet gebruik wat deur die NGV daargestel sal word.

Dit beteken dat pasiënte wat hul eie gesondheidsorgverskaffers gebruik (wat nie deel van die NGV uitmaak nie), nie eise by die NGV kan indien nie, maar wel hul eise by die betrokke privaat mediese fonds sal moet indien.

Tot tyd en wyl die NGV ten volle geïmplementeer is, sal mediese skemas dus voortgaan om ’n belangrike rol in Suid-Afrika se gesondheidsorgstelsel te speel.

Ten slotte

Baie organisasies wat by gesondheidsorg in Suid-Afrika betrokke is, het voorbehoude oor die voorgestelde NGV, insluitend oor hoe fondse saamgevoeg sal word om kostes te dek.

Dit is uiters belangrik om daarop te let dat die huidige benadering die onbedoelde gevolg sal hê om die las op die NGV verder te verhoog. Deur diegene wat dit kan bekostig om hul eie mediese skema te gebruik daarvan te weerhou, en hulle te dwing om van die NGV gebruik te maak, sal die hulpbronne wat vir mense met die grootste behoeftes gebruik moet word, net verder onder druk geplaas word.

Kliek hier vir nog inligting: medicalaid.com


NEEM DEEL AAN DIE GESPREK: Gaan na heel onder op hierdie bladsy om op hierdie artikel kommentaar te lewer. Ons hoor graag van jou.

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.