Kubergodsdiens in die eeu van rede

WIE IS DIE MEESTER?

Kubergodsdiens in die eeu van rede

Hoe lank gaan dit neem voor kunsmatig intelligente kletsbotte soos ChatGPT-4 se uitsprake die gegewe word waarna mense verwys in hulle soeke na betekenis in die lewe? Dit is tyd dat ons eers seker maak daar is remstelsels in werking vir KI-kletsbotte wat op die wêreld losgelaat word voor te laat is, maan JAN HORN.

DAAR is maar min wetenskapfiksieverhale met godsdiens as die tema. ’n Paar uitstaandes is die kortverhale “The Nine Billion Names of God” deur Arthur C. Clark, “Nightfall” deur Isaac Asimov en “Reason”, ook deur Asimov. Dis veral “Reason” wat my oog getref het omdat die tema die verhouding tussen wetenskap, godsdiens en robotte aanroer.

Twee ruimtemanne, Powell en Donovan, beman ’n ruimtestasie in die diep ruimte saam met ’n span robotte onder bevel van die robotopsigter, QT-1. Powell en Donovan noem hom sommer Cutie. Hy is as opsigter aangestel omdat die twee ruimtemanne agtergekom het dat Cutie anders as die ander robotte is. Hy is nuuskierig, vra vrae en tree op met ’n wil van sy eie.

Die ruimtestasie se taak is om intense mikrogolfenergie na die aarde en ander planete te straal. Die straal se fokus mag nie ’n mikromillimeter uitwyk nie, want dan kan dit die aardstasie braai. Dit is die robotte se plig om die straal gefokus te hou. Een oggend kom Powell op die robotte af waar hulle op hulle knieë voor Cutie staan waar hy hulle toespreek. Powell beveel hulle om terug te gaan werk toe en die hoogs komplekse, kolossale L-buis-energieomsetter te beman. Cutie sê vir Powell om nie in te meng nie, hulle is besig om die Meester te dien...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.