DIE laaste paar weke volg ek die taalherrie wat by die Universiteit Stellenbosch losgebars het, en ek kan nié anders nie as om elke keer vuur te spoeg agter my selfoonskerm, terwyl ek met sovéél frustrasie uitvaar teen die persone wat probeer om Afrikaans in tersiêre instellings en die korporatiewe wêreld te verskraal en te beperk.
Die negatiewe opskrifte oor die taal op plakkate wat op lamppale pryk, wil my laat vloek soos 'n matroos, maar dan tel ek tot 10, haal diep asem, en kalmeer myself.
Op laerskool was Afrikaans my gunstelingvak. Ek kon myself ordentlik uitdruk in die taal en die kleurvolheid van die taal gebruik om 'n prentjie te skep wat nie met die naakte oog gesien kon word nie, maar wat mense kon visualiseer volgens hulle interpretasie van my boodskap...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.