15 vrae vir Bibi Slippers

AGTERBLAD

15 vrae vir Bibi Slippers

Haar jongste digbundel, Soekenjin, het so pas verskyn en sy werk tans aan 'n rom-com wat in Februarie op Showmax sal wees. LAUREEN ROSSOUW vra die vrae.

1. Waarna luister jy in jou kar? Vertel meer?

Musiek, podcasts en oudioboeke. Op 'n onlangse road trip van Johannesburg af Kaap toe het ek Ross Gay se The Book of Delights klaar geluister (delightful!). Ook Cormac McCarthy se No Country for Old Men en 'n versameling gedigte deur 'n KI getiteld I am Code. (Die gedigte is deur die Duitse regisseur en draaiboekskrywer Werner Herzog voorgelees. Ek is nie seker of dit die intensie was nie, maar vir my was die effek skreeusnaaks.) Ek hou van die podcast Switched on Pop wat die struktuur en skryftruuks van popliedjies ontleed, asook Krista Tippett se On Being.

Ek maak geen geheim van my Taylor Swift-fandom nie, so ek het altyd 'n versamelde werke van 'n Swift-playlist wat regstaan vir ver ry. Ek keer ook telkens terug na Tori Amos, Alanis Morissette en Regina Spektor...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.