Proe die Persiese herfsjuwele

KOS

Proe die Persiese herfsjuwele

EMILIA SMUTS leer ons hoe om granate maklik te ontpit, kwepers te stoof en dan 'n heerlike slaai of bredie met dié ‘outydse' vrugte voor te sit.

EK kom nou die middag ’n mandjie kwepers in ’n supermark in die middestad teë. Ek voel om saam met Leipoldt te vra: “Wat maak jy híér?”

Vir die paar minute wat ek daar rond besig was, het nie ’n siel notisie geneem van die donsige geelgroen hopie nie. Dieselfde met die uitgestalde granate, waarby mense los verbyloop om 'n peperduur bakkie pap pitte te gaan koop. 

Miskien is dit maar omdat granate en kwepers as outydse vrugte gesien word en tyd neem om eetgereed te maak. Granate moet natuurlik uitgedop word – klink na moeite, en vlek dit dan nie jou hande nie? En vars kwepers is hard en effens suur en frank. Maar in beide gevalle is die moeite relatief min gemeet aan die heerlikhede waarmee dit jou beloon. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.