Resepte vir diegene wat nie eet nie

KOS

Resepte vir diegene wat nie eet nie

Die meeste mense verstaan vas as die oorslaan van ’n maaltyd, of selfs twee. Maar dit kan ook beteken dat jy jou dieet beperk. ’n Bitter besigheid vir iemand wat van die Klein-Karoo af kom, ja. Maar dit kan ’n lewenswyse met vreugde wees, skryf EMILIA SMUTS.

’n KOSRUBRIEK oor vas, met resepte aan die einde? Wel, ek het só daaran gedink: die Westerse Pase is bietjiesdag verby, en Eid-al-Fitr is op ons; Pesach is om die draai, en net ’n week of wat later is dit die Oosters-Ortodokse Pasga. En almal van hulle word voorafgegaan deur ’n tydperk van vas, selfs al het die meeste mense in die Weste van nie veel meer as tjoklits of koffie afgesien nie.

Wat beteken “vas”? Die meeste mense verstaan daarmee dat jy ’n maaltyd of selfs twee oorslaan. Maar dit kan ook beteken dat jy jou dieet beperk. In die Oosters-Ortodokse Kerk beteken dit byvoorbeeld dat ons in die Groot Vastyd wat Pasga voorafgaan, geen vleis, vis, suiwel of eiers eet nie. Boonop drink ons niks deur die week nie. ’n Bitter besigheid vir iemand wat van die Klein-Karoo af kom, ja. Maar dit kan ’n lewenswyse met vreugde wees, soos vir baie Boeddhiste en vegans.

Want die teenkant van die munt is dat dit 'n mens in staat stel om terug te keer na die vreugde van eenvoudige dinge, soos growwe tuisgebakte brood, ’n kommetjie sop, gebakte seisoenale groente, rooilensiedhal, gestoofde heerbone, rys en lensies. Stadig, aandagtig eet. En natuurlik: maniere bedink om lekker te eet, selfs al eet jy eenvoudig...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.