Kampkos vir ‘konings’ van die Kgalagadi

KOS

Kampkos vir ‘konings’ van die Kgalagadi

Al is hulle amateur-kampeerders wat geteister is deur ‘leeus' wat brul en temperature bo 40ºC, het EMILIA SMUTS lekker geëet waar sy ook al tent opgeslaan het.

ONS het mos in die Kgalagadi gaan kamp. Mos leeus gesien, man, en alles…

Maar dis hier waar die ooreenkoms met die YouTube-video’s ophou. Want die Smutse is nou nie wat jy “kampeerders” sou noem nie. Ons besit nie ’n boskaravaan, ’n daktent of ’n dakrak met petrolkanne op nie. Ons pas telkens vyf mense met al hulle goed in ’n dubbelkajuitbakkie in. Toe ons laas jaar die eerste keer in die Kruger gaan kamp het, het ons die geleende tent se penne by die huis vergeet.

Maar ons word beter. Een probleem wat ons dié keer opgelos het, was die “leeuprobleem”. Al die geryery en gevleisetery het naamlik ’n ongemaklike gevolg, veral vir mense wat nie nét vleiseters is nie.  Diep in die stilte van die nag hoor mens daarom uit die rigting van die ablusieblok iets soos brulle, kompleet soos ’n trop leeus. Deel van die oplossing was dat ons ’n kampyskas gehuur het, wat beteken het dat ons vars goed kon saamneem. Want in die winkels van die Kgalagadi-oorgrenspark raak die vars goed ál minder hoe verder noord jy ry. En jy moet vergeet om dié tyd van die jaar net met ’n koelboks reg te kom. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.