Klagat-toeriste, #hutsmerke en wollerige Karoofantasieë

RUBRIEK

Klagat-toeriste, #hutsmerke en wollerige Karoofantasieë

Ná dekades van woon in plekke wat puntenerige toeriste lok, het MADELEINE BARNARD na ’n Karoodorp getrek. En die klaende toeriste het haar daarheen gevolg.

MY hele volwasse lewe lank het ek gewoon in toeristelokvalle, van groot tot piepklein. Ek het my studies voltooi op Stellenbosch – daar waar toeriste met lelike knieë destyds al van busse afgeklim het met uitroepe van “Wat leuk!”.

Tydens my voltydse werkjare was ek in lieflike Kaapstad, een van die wêreld se gewildste bestemmings vir beide oorsese en plaaslike besoekers. Dit was baaaaaaie groter as my alma mater se tuisdorp, en die vakansiegangers was minder sigbaar. Dit was net in Desember dat stringe motors teen Kloofnek uitgekruie het en die GP-registrasienommers oral dwars geparkeer het om in die dae voor Google en die drop van ’n pin hulle stadskaarte te bestudeer.

Toe trek ek Karoo toe. En ek begin my nuwe lewe. In die toeristekantoor van ’n leuke klein toerismegedrewe dorpie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.