Liefde is … ’n wêreld vol moontlikhede

RUBRIEK

Liefde is … ’n wêreld vol moontlikhede

Hy ween vir mense wat een liefde, een mens wil besit. Liefde wat mens jonk en lewendig hou, is lukraak en skouspelagtig multidimensioneel, skryf JAN WOLMARANS.

MENSE wat al hul liefde ewig in een mens bly stort, moet seker maar in hartseer en desperate armoede lewe. Dit klink so. Al is dit volgens kerk en wet korrek. Maar o hoe aaklig moet dit nou nie aldag wees nie. Om dieselfde drama met enkele variasies vir 50 jaar lank aan te hoor. Selle video oor en oor, selle klankbaan.

Malligheid, maar 'n mens kan die kern daarvan goed behou en vele ware liefdes ook elders sonder enige ontrou ervaar.

Liefde wat jou jonk en lewendig hou, is lukraak en skouspelagtig multidimensioneel. Dis oraloor en word deur verrassing gekenmerk. Ontdekking. Durf. Mens kan ook skielik regtig diep op 'n liedjie verlief raak, daarna uitsien, of op 'n wilde kleur, 'n herinnering wat jou bybly, die manier waarop 'n vrou lag, die manier waarop 'n man stil glimlag...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.