Liewe Pa, kruideniersware is nou Kerspersente

STUUR ASB ’N ENGEL

Liewe Pa, kruideniersware is nou Kerspersente

Niks is meer wat dit was nie, skryf JAN WOLMARANS aan sy pa in die jemel. Ons moet heeljaar kerse brand, maar kry lektrieklig as Kerspersent by die goewerment.

EK glo maar dit gaan betererder daar bo in die jemel by julle as hier onder by ons en dat die engele darem nie heeldag en heelnag daar Kersliedere sing nie, want ook dank en lof is deesdae hier by ons meer van 'n advertensie as 'n gevoelte.

Ek skryf maar vir Pa en Pa moet maar weer vir Ma vertel, anders vra sy baie vrae in my gebede en my drome is al baie vol so voor Krismis.

Pa, kruideniersware is nou Kerspersente hier en 'n boks vol blikkieskos, meel en rakmelk tel veel, veel meer as 'n das, sokkies, lekkerruikgoed of 'n vakansie. Om nou vir familie op 'n Sondagmiddag te gaan kuier en iets saam te vat vir vuur, tafelbak en glas, kos nou soveel as wat 'n hele drieweekseevakansie met petrol, persente en alles in 1994 was. Net sonder skaap of bottelwyn...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.