Kerrietjops en kerriesous

KOS

Kerrietjops en kerriesous

Bokvleis is sekerlik die vleis wat die meeste in die wêreld geëet word. En met goeie rede, want dis uiters gesond en baie geurig. Maar, waarsku EMILIA SMUTS, steek dalk die bokooi se vleis agter ’n kerriesous weg.

MY een suster het vir haar ’n Engelsman op die hals gehaal. “Clean Brother” noem ons hom. Behalwe oor haar, is Flippie mal oor Bruinswitsers (’n beesras), mouterbaaiks en boerbokke. Koddige kêrel, ja.  Maar ’n man ís mos soos ’n bok, en ’n bok bly ’n bliksem.

Op ’n plaas is ’n bok nie net die begin van moeilikheid nie, maar ook die vervulling en volbrenging daarvan. 

Bokke is slim diere met ’n onversadigbare begeerte en vermoë om uit te vind wat aan die ander kant van die draad aangaan. En ook anderkant die volgende draad ... en so aan, tot by die groentetuin en die sappige jong goedjies wat nou nét begin kop oplig. Wat hulle binne oomblikke en sonder aansiens des oorsprongs opgopsel. Ook die tamaties waarvan die pitte met groot moeite saamgebring is uit Sicilië...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.