Kos en vrede

KOS

Kos en vrede

As jy iemand se kookkuns ervaar, ervaar jy iets van die kuns en kultuur wat hom mens maak en dan raak dit sommer heelwat moeiliker om met hom te baklei, skyf EMILIA SMUTS. Maar sulke stellings kort dan 'n resep, of hoe?

DIANA Al Shaer is ’n interessante vrou. Sy’s half-Russies, half-Palestyns, ’n internasionale dressage-ruiter en kulturele diplomaat. Sy het op ’n keer vir Tolstoy aangehaal dat kuns emosies oordra met die doel om wedersydse begrip tussen mense te bevorder. Want soos ons die emosies wat oorgedra word aanvoel en daarop reageer, verander ons inligting in kommunikasie.

Klink bietjie na ’n uiteensetting van hoe jy ’n perd oorkruis oor ’n baan laat draf op maat van musiek. My uitnemende sjefkok-suster Annette het dit makliker gestel toe sy gesê het sy sou diplomate forseer om die kos van die land waar hulle diens doen, te eet. Want as jy iemand se kookkuns ervaar, ervaar jy iets van die kuns en kultuur wat hom mens maak en dan raak dit sommer heelwat moeiliker om met hom te baklei.  Ja, “hom”. Dis mos meesal die mans wat baklei terwyl die vrouens kos maak.

Annette se intuïsie was reg, want kosdiplomasie – “culinary diplomacy” in Engels, of die ietwat ongelukkiger “gastrodiplomacy” – het ’n gonswoord geword. Op die aanname dat die pad na ’n man se hart deur sy maag loop – (almost) no surprises there – word koskultuur gebruik om diplomasie te bevorder...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.