Tamatiestraat

KOS

Tamatiestraat

ALETTA LINTVELT deel ’n tamatiesalsa wat jou na die tortilla-chips sal laat gryp en ’n salige koue beesvleisslaai wat jou tong gaan verlei.

DIE eerste tamatie wat 'n indruk op my gemaak het, was ’n skarlaken Roma op ’n treinstasie net buite Barcelona.

Ek het min moed gehad toe ek my euro's oorhandig vir ’n pan con tomate aan die man in die kiosk. Sy oë was donker en sy gemoed donkerder. En ek was honger en moeg. Tamatie op brood. Ek was arm, maar het armer gevoel.

’n Kwart baguette word deur die luik aangegee in ’n stuk witpapier. Die brood lyk of dit of uit woede of passie bygedam is. Die gehalveerde tamatie se gebroke vlees en verrineweerde karkas kleef verlep aan die brood. Pitte en sous het een geraak met die ivoorkleur krummels en drup deur die brood se luggate. Dit maak ligroos sappoeletjies met die blerts olyfolie in die holtetjies...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.