’n Resep vir Kers-harmonie

KOS

’n Resep vir Kers-harmonie

ALETTA LINTVELT dink terug aan die spoke van Kersfeeste wat verby is en kom met 'n spyskaart vir 'n nuwe era vorendag.

DIE vorige Kersfees in ons huis is gekanselleer. Ek het by my ouers in Calvinia van 'n operasie herstel. My ma het blykbaar besluit sy het genoeg gekook in haar lewe. (Nie dat sy ooit die mees entoesiastiese kok was nie.)

Ons het dus geroosterde kaasbroodjies en goedkoop, smaaklose Kerskoek van die plaaslike supermark geëet wat deur geen hoeveelheid ekstra brandewyn gered kon word nie. Ek het nie werklik voor daardie oggend besef dat 'n era in my lewe verby is nie.

Dit was vreemd om wakker te word in 'n huis sonder 'n goedkoop plastiekboom wat halfhartig met verflenterde versierings bedek is, en met geen toegedraaide geskenke, koormusiek van my ma se kombuisradio of kosreuke wat deur my ouerhuis dryf nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.