Introvert-kos vir ekstroverte

KOS

Introvert-kos vir ekstroverte

ALETTA LINTVELT sit klikaas voor: twee epiese bykosse waarvoor jy nie die vuur hoef aan te steek (as jy nie wil) nie.

EK het onlangs iets van sjef Yotam Ottolenghi gelees waar hy gesê het hy wonder soms of die resepte wat dit tot in kookboeke maak, alles vir ekstroverte geskep is. Dít terwyl die kos waarna ons werklik smag en wat ons die meeste eet – wat hy introvert-kos noem – die resepte is wat nie as spesiaal genoeg geag word om gepubliseer te word nie.

Ek stem saam. Ek raak ook dikwels sielsmoeg vir die spoel met hoogtepunte. En ek is so moeg vir inhoud. Die woord self gee my die horries. 'n Tent vol verneuk met min substansie. Dit is amper onmoontlik moeilik om nie 'n toksiese verhouding met die aanlyn algoritme te hê nie. Dit dien óf 'n buffet van afgryslikhede op óf otters wat op hulle rug dryf terwyl hulle hande vashou. Daar is niks tussenin nie. Jy klik op iets arbitrêr wat jou oog tref en skielik begin die algoritme vir weke aaneen 'n stroom goed vir jou voer. Ek verlang amper na die dae toe al klikstrik wat ek moes vermy, iets was waarin die Kardashians gepryk het. 

Die algoritmereël blyk te wees: As jy dit een keer gesien het, is jy gewaarborg om dit weer te sien. Wat bepaal die waarde van hierdie inhoud en die frekwensie waarmee dit herhaal sal word? Nie menslikheid nie. Ook nie gehalte nie. Ook nie oorspronklikheid nie. Nee, die algoritme teer eerder op dieselfde bestanddeel wat ons noop om te kyk wanneer ons verby 'n ongeluk ry...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.