Plooie is die nuwe sexy

TRENDS

Plooie is die nuwe sexy

Nadat twee bekende ouer vroue die modewêreld in een week laat regop sit het – een sonder grimering en die ander een onboetvaardig geplooid op ’n voorblad – het MADELEINE BARNARD ondersoek ingestel na die natuurlike skoonheidsrevolusie.

EK probeer my altyd voorstel hoe dit moet wees om die Paryse modeweek by the woon. Die mooi mense, die klere, die parfuumwolkies, die grimering, die gul glimlagte.

My fantasie word redelik gereeld bederf deur dame Anna Wintour van die Amerikaanse Vogue, met daardie stokstywe helm hare wat oor haar uitdrukkinglose gesig gekam en styfgespuit is. Of die Kardashian-plastiektroppie, met hulle kataloguskenne en astrante Hollywood-neusies – almal ingetrap in hulle aanddrag en lekker dik met lae verf gesmeer.

Maar verlede week was daar ’n ander, ouer-dog-varser superster wat die fotograwe na hulle kameras laat gryp het. Iemand wat jare lank lid van die verfbrigade was. Dit was niemand anders nie as Pamela Anderson – sy wat honderdduisende hetero-seuns in die 1990’s op hulle hande laat sit het toe sy fluks langs die strand in Baywatch gedraf het, haar bengelende bates in ’n knalrooi Borat-swembroek ingeprop en haar maskara-swaar wimpers wapperend in die wind soos dié van 'n wafferse volstruis...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.