Wie wil ek lees, wie wil ek date?

AFRIKAANSE GUNSTELINGE

Wie wil ek lees, wie wil ek date?

HERMAN LATEGAN vertel watter Afrikaanse skrywers se boeke hy in die feestyd wil lees en met watter Afrikaanse skrywers hy sou wou uitgaan.

EK het ongelukkig heeltemal my lus vir Afrikaanse fiksie verloor. Die poel skrywers is by tye net te klein, venynig en parogiaal. Te veel romans word volgens 'n resep uitgepomp en die mark is gaande oor lekkerleesboeke.

“Moet ons net nie uitdaag nie, asseblief,” skree van die lesers, ons is gelukkig om oor 'n rugbyspeler en sy vroulief se nuwe pienkvoetjie te lees, ons wil lig en lekker lewe. Nog 'n boek oor braaivleis, of 'n rugbyster, of 'n roman met 'n mooi begin, middel en lieflike einde.

“Oe, een van daai boeke wat ek nét nie kon neersit nie,” sug mevrou dominees oor Ella Koekemoer se vyfde Christelike roman, Pas de deux met Jesus, wat hierdie keer in Hebron afspeel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.