FOMO: Die internasionale uitgawe

AGTERBLAD

FOMO: Die internasionale uitgawe

Alles op ons radar hierdie week terwyl die Fomolistas deur Italië reis.

  • 07 Junie 2024
  • Vrye Tyd
  • 3 min om te lees
  • artikel 18 van 27

13 insigte van Miuccia Prada

Miuccia Prada is die hoofontwerper van Prada. Vir Laureen is sy die kween van Milaan.

Vroue wil dikwels nie erken dat hulle van klere en mode hou nie. Tog bekoor klere almal, van die taxibestuurder tot die mega-intellektueel. Ek het al dikwels gewonder hoekom dit so is. Ek weet nie wat die antwoord is nie.Ek is mal oor klere. Ek kan dalk sê ek is nie lief vir mode nie, maar ek is uiters lief vir klere. Ek haat die idee dat jy nie iets moet dra net omdat jy ’n sekere ouderdom is nie. Nostalgie is vir my 'n baie ingewikkelde onderwerp. Ek is  aangetrokke tot nostalgie, maar ek weier dit intellektueel.Wat jy dra, is hoe jy jouself aan die wêreld voorstel, veral deesdae, met menslike kontak wat so vinnig is. Mode is 'n kitstaal. Lelik is aantreklik, lelik is opwindend. Miskien omdat dit nuwer is. Die ondersoek na lelikheid is vir my interessanter as die bourgeois idee van skoonheid. En waarom? Want lelik is menslik.Ek is mal oor uniforms omdat dit jou toelaat om weg te kruip. Niemand weet wat jy dink nie, so dit is 'n baie gepaste en korrekte manier om jouself te wees. Vroue stres om mooi te wees, in ouderdom en jeug. Mans het dit glad nie. En dit veroorsaak baie foute en swak keuses deur vroue – dikwels om nie hulle ware self te wees nie. ’n Mens se lewe en passie is dalk elders, maar New York is waar jy bewys of wat jy in teorie dink, in die lewe sin maak. 'n Bietjie aweregsheid met skoene is wonderlik – jy kan baie meer vryheid hê en oordryf en dit voel nie verkeerd nie. Maar om te veel gekheid naby jou gesig te hê, sal verkeerd voel. Om te moet sexy wees? Ek haat dit. Om skokkend sexy te wees? Ek's mal daaroor. Ek dink as jy internasionaal leef – is dit dieselfde mense wat in mode belangstel wat ook in flieks, kuns en kultuur belang stel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.