Hoe om oor seks te skryf

KERNEELS LEES WYD

Hoe om oor seks te skryf

KERNEELS BREYTENBACH is beïndruk deur die manier waarop twee outeurs sekstonele hanteer en deur Amor Towles se kortverhale, maar 'n boek oor negatiewe ruimte het hom laat wroeg.

KOM ons dink ’n bietjie oor seks. Almal doen dit – ek bedoel, dink daaroor – en ek skat ons stem saam dat dit nie ’n gereelde toeskouersport is nie. Maar sommige siele handhaaf Olimpiese seksuele standaarde in hulle gedagtes. Vanwaar, Gehasi? Twee boeke: Kimberly King Parsons se We Were the Universe en Yael van der Wouden se The Safekeep.

Die afgelope dekade het meeste van die groot groeipunte in die boekhandel gewentel rondom ’n herontdekking van swart kultuur en geskiedenis. Daar was ook ’n gender-korrektief en seks het skielik weer gaan wegkruip in die laaste paragrawe van hoofstukke of in die domein van geïmpliseerde aksie, off camera.

Maar Parsons en Van der Wouden daag saam-saam op, heroute van die nuwe geilheid. Dalk staan ons op die drempel van ’n koersverandering in mense se leesgewoontes. Seks is terug en dit is nie meer vasgevang in die wensdenkery van Fifty Shades of what-what nie. Boonop is dit twee vroulike skrywers wat die onderwerp na die hoofstroom van topverkopers terugsleep...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.