Kerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.
KERNEELS LEES WYD
Sosiopate soos Ripley, deel een tot vyf
KERNEELS BREYTENBACH het 'n sosiopaat se storie uit die perd se bek gelees, maar kan jy dit glo? Hy het ook na 'n Taylor Swift-kinderboek, 'n krimi en al vyf boeke oor Ripley geloer.
Deel
TWEE van die skandvlekke op die aangesig van die mensdom is psigopate en sosiopate. Psigopate in die misdaadlektuur is meestal mans, moordenaars en mislik. Maar eintlik is hulle nie genus-spesifiek nie. Sosiopate is psigopate op steroids in genoemde misdaadsfeer, maar in die werklike lewe is hulle dikwels enigiets van predikers tot stalkers. Dis gevaarliker om oor hulle te skryf en dit is gewoonlik wys om pad te gee as jy vermoed iemand naby jou is een.
Volgens naslaanbronne is dit wys om te onthou dat sosiopate dikwels besonder narsisties is en die enigste manier om narsiste te hanteer is om hulle te ignoreer. Moenie aandag gee aan hulle praatjies nie, moet hulle nie nader bring met simpatie en hulp nie.
’n Sosiopaat is iemand met ’n antisosiale persoonlikheidsversteuring (ASPD). Hulle verontagsaam en minag reëls en sosiale norme en toon nooit berou of meegevoel nie. Die waarheid leef nie op hulle tonge nie, hulle manipuleer almal om hulle, reageer met woede en geweld wanneer hulle liegstories en gedrag ontmasker word en aanvaar nooit nee as ’n antwoord nie. Hulle hou nie lank in huwelike óf betrekkings nie. Misdadigheid is hulle verstek-posisie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Rupert: ’n Realis wat in wonders glo
Kortverhale se slaankrag
Van Praag en Kiëf tot kardemom
’n Storm van emosies en verfoeiing
Lees en kook met oorgawe
Deel
-
Deel
Kerneels Breytenbach
SkrywerKerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.