Deure waai oop na nuwe wêrelde

THE HOUSE OF DOORS

Deure waai oop na nuwe wêrelde

MARELI STOLP het lank vir Tan Twang Eng se derde boek gewag en sy is nie teleurgesteld nie.

DIT gebeur elke nou en dan: ’n boek kom oor my pad wat my so meevoer na wonderwêrelde dat ek eerlikwaar ’n gevoel van verlies ervaar wanneer ek die laaste bladsy bereik. Baie kort daarna begin ek die rakke dophou: wanneer gaan hierdie outeur vir my nog ’n boek aflewer?

So het ek gevoel ná All the light we cannot see, Anthony Doerr se bekroonde tweede boek. En hy het my sewe jaar laat wag vir Cloud Cuckoo Land! Tussen Anne Michaels se Fugitive Pieces en The Winter Vault het 13 jaar stadig verby gesloer.

In 2011 was ek in my wensverbeelding in Maleisië, hoog op in die Cameron Highlands in ’n beeldskone tuin, fyn uitgelê deur ’n Japannese tuinier, en het ek saam met die karakters deur daardie tuin geloop en sin probeer maak van ’n wêreld wat gelyk het of dit wreed én beeldskoon kan wees. Die boek wat my op daardie reis geneem het, was The Garden of Evening Mists deur Tan Twan Eng...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.