Gaza: Twee pa’s van vermoorde kinders

PALESTINA-ISRAEL-KONFLIK

Gaza: Twee pa’s van vermoorde kinders

MARELI STOLP het besef dit is onmoontlik om kant te kies. Daar is verskillende narratiewe: niks is ooit net een ding nie.

DIS Januarie 2024. Die Internasionale Geregshof het beslis in die saak wat deur Suid-Afrika gemaak is rakende volksmoord in Gaza. Die hof beveel Israel om stappe te doen om volksmoord te vermy terwyl hulle oorlog voer teen Hamas-militante in die Gaza-strook, maar dring nie aan op 'n onmiddellike skietstaking nie. 

Ek sal niks verder hieroor probeer artikuleer nie. Dit is te moeilik en kompleks vir my, daar is te veel politieke hoeke en draaie, en al wat ek kan doen met elke nuwe stuk nuus uit Gaza is snak na asem. Soveel pyn, wreedheid, lyding. Soveel geen oplossing.

Ek wend my dan soos gewoonlik na letters, woorde, boeke. Ander het woorde aan hierdie donkerte gegee wat vir my betekenisvol was en bly. Voor in my hart is Apeirogon – 'n verbysterende boek uit die pen van Colum McCann. 'n Oldie teen hierdie tyd: reeds in 2020 gepubliseer en 'n verhaal wat gebou is rondom gebeure wat dekades gelede afgespeel het. Die soort gebeure wat vandag nogmaals herhaal word. Ek haal die boek weer van my rak af...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.