Silicon Valley, app-magnaat en Siriese kos

KERNEELS LEES WYD

Silicon Valley, app-magnaat en Siriese kos

KERNEELS BREYTENBACH lees en kook met oorgawe, soos altyd.

DIS moeilik om te onthou hoe ons gelewe het vóór die koms van die rekenaar en moderne tegnologie. Ons wat aan die verkeerde kant van sestig is, kan nog die dae onthou toe mens landlyn-oproepe na verafgeleë plekke by ’n sentrale moes bespreek. Tye toe mens snelskrif moes bemeester as jy ’n goeie joernalis wou wees. Die bo-50's sal met nostalgie terugdink aan die ou Nokia-selfone wat so swaar soos ’n baksteen was.

Nou is alles anders. Die bobbejane in Pringlebaai word beheer deur ’n brigade monitors wat met selfone die bewegings van die gediertes volg en uitsein. Skoliere broei 24/7 oor hulle sosiale media op hulle fone. Studente skryf verbluffende werkstukke met die hulp van KI.

Tegnologie beheer ons lewe. Noem dit vooruitgang, noem dit moderniteit. Kara Swisher sê dis ’n siekte wat ons lewe verdorwe omdat ’n handjievol van Silicon Valley se rykste groot geeste nie hulle beloftes nagekom het om hulle vindings aan te wend sodat die wêreld ’n beter plek kon word nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.