Sinne wat soos sjokolade in jou mond smelt

KERNEELS LEES WYD

Sinne wat soos sjokolade in jou mond smelt

KERNEELS BREYTENBACH inspireer ons om boeke oop te slaan en wêrelde te verken.

EENS, toe ek veel jonger was, was ek ’n toneelkritikus. Iemand wat openingsaande van toneelopvoerings bywoon en daarna ’n resensie skryf. Dit was ’n ongelooflik vervullende werk, maar ook een met ’n hele kaboedel negatiewe uitvloeisels.

Daar was altyd iemand wat vir jou kwaad was. Jy kon nooit ontspan en net die opvoering geniet nie – jy moes op vreeslik baie klein dingetjies tegelyk konsentreer, aantekeninge maak, en agterna moes jy sorg dat niks jou gedagtes besoedel voordat jy jou reaksie op papier neergeskryf het nie. Dit het verhoudinge met jou vrou versuur, en die versoeking om agterna met die spelers en regisseur ’n glasie sjampanje te drink was iets waaraan jy net onder haglike omstandighede kon toegee.

Plankevrees..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.