Sitrus as kos en kuns

AGTERBLAD

Sitrus as kos en kuns

Winter en sitrusvrugte is sinoniem, skryf LIENTJIE WESSELS en deel drie maklike resepte vir knus winteretes en 'n poeding.

DIE winter is beslis hier en ek kan nie anders as om te dink aan die oorvloed suurlemoene, lemoene, nartjies, lemmetjies, pomelo’s en al die ander sitrus wat dié tyd van die jaar hier aan die suidpunt van Afrika beskikbaar is nie.

Ek koop bokse sitrusvrugte en gebruik dit as dienslike dekor oral in die huis, met bakke vol skakerings van geel en oranje. Hierdie bakke vol somerkleur en wintergeur word dan stelselmatig gebruik vir voorbereiding van soet, suur en sout. Net voor hulle begin afgaan of droog raak, sal ek elke druppel uitdruk en vir verskeie produkte gebruik wat ek deur die jaar hou.  

Daar word verskeie strope, ingelegde suurlemoene, slaaisouse, konfyt, marmelade en veel meer gemaak. Ek het ook onlangs begin eksperimenteer met natuurlike sodas wat deur fermentasie gemaak word en waarvan ek in 'n later stadium meer sal vertel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.