Maklike kos vir eensame dae

KOS

Maklike kos vir eensame dae

ANNELIESE BURGESS deel vier resepte vir wanneer jy moeg, neerslagtig en eensaam voel. Dis trooskos wat jy selfs in 'n selfsorghuisie sonder siel met lendelam potte en panne kan bemeester.

ONS ken almal daardie gevoel van uitputting in die middel van die week. Jy smag na iets voedsaam – sielskos – maar jy sien nie kans vir die hele schlep van opkap en voorbereiding in die kombuis nie.

Of jy is in 'n Airbnb sonder siel, omring deur skakerings van beige, die lug dik van lugverfrisser en die gezoem van 'n snelweg. Jy voel verward en eensaam. Jy het heeldag nie geëet nie. En die enigste ding wat erger kan wees, is 'n nonchalante (en onvermydelik duur) ete in 'n swak verligte restaurant op jou eie. Om op jou eie te wees is nie die probleem nie. Die vibe is. Jy wil iets huisliks, eenvoudig en vullend hê wat jy saam met Netflix in die bed kan eet.

Hierdie is die tye waneer jy 'n paar eenpotwenners in die mou moet hê, met 'n korterige lys van bestanddele wat jy vinnig by enige supermark kan opspoor...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.